MAKLIKE ROOSTERKOEK

500g bruismeel
340ml bier
5ml sout olyfolie

Meng die bestanddele deeglik en knie.
Vorm die roosterkoekies en smeer dit met olyfolie.
Rooster dit 20 minute lank oor baie stadige kole. Draai dit gereeld om.

BILTONG, KAAS- EN UIE-POTBROOD

500g bruismeel
1 bier
1½ koppies gerasperde Cheddarkaas
250ml fyn (nat!) biltong
125ml fyn, bruingebraaide uie

Meng die meel en bier goed. Voeg 1 koppie kaas, die biltong en ui by en meng alles saam. Plaas dit in jou gesmeerde pot en bedek met die res van die kaas.
Plaas swartpot op grond en pak kole rondom die basis.
Plaas ook ‘n paar kole of die deksel.
Bak tot gaar, so ongeveer 35-45 min.
Toets met ‘n skoon mes wat skoon uitkom.
Eet warm met plaasbotter.

MAKLIKE BIERBROOD

500g bruismeel
340ml bier
5ml sout
olyfolie

Meng die bestanddele deeglik saam met ‘n hout lepel. Smeer  die pot met met olyfolie.
Plaas swartpot op grond en pak kole rondom die basis. Plaas ook ‘n paar kole of die deksel.
Bak tot gaar, so ongeveer 35-45 min.
Toets met ‘n skoon mes wat skoon uitkom.
Eet warm met plaasbotter