BEESSTERTPOTJIE
2 beessterte opgesny
4 wortels in dik skywe gesny
3 medium gekapte uie
1 blikkie botterboontjies
sout
1 pakkie beesstertpoeier
250ml bees Aftreksel or rooiwyn
4 aartappels in dik skywe gesny
250ml groenertjies
250g sampioene
6 murgpampoentjies in skyfies
2 uie in skywe gesny
Verbruin die beesstert in ´n warm pot met olie en gekapte uie. Voeg sout by. Voeg soppoeier en boeljon by.
Voeg water by en laat prut vir 2½ uur. Skep vet af. Voeg laag aartappels en wortels by.
Daarna n laag botterboontjies met sous.
Voeg laag ertjies rou sampioene,
murgpampoentjies en laag uieringe.
Maak pot toe en prut vir ± 1 uur lank
HEERLIKE BEESSKENKELPOTJIE
‘n No 3 pot word aanbeveel
6 beesskenkelskywe, ongeveer 15mm dik
30ml kookolie 30ml brandewyn
8 lamsniertjies, gehalveer, vlies verwyder
2 uie in skywe gesny 1 knoffelhuisie, fyngedruk
350ml vleisaftreksel 50ml tamatiepasta
2.5ml suiker sout en varsgemaalde peper na smaak
10 geel vlapampoentjies, 6 groot aartappels, in 10mm dik skywe gesny, 100g mini suikerertjies, 100ml suurroom
Verhit die olie in die pot en braai die vleis en niertjies oor matige hitte tot bruin. Voeg die uie en knoffel by en soteer totdat die uie deurskynend is. Geur met sout en peper. Verhit die aftreksel en tamatiepasta saam en voeg saam met die suiker by die vleis. Sit die deksel op en prut vir 2 uur of totdat die vleis byna sag is. Pak die aartappels, vlapampoentjies en suikerertjies in lae bo-op. Sit die deksel op en prut nog 45 minute tot ‘n uur lank
of totdat die vleis en groente gaar is. Meng die suurroom en brandewyn en voeg by die potjiekos net voordat dit voor gesit word. Steek die steel van ‘n houtlepel versigtig op ‘n paar plekke in die potjiekos en wikkel liggies sodat die suurlemoen-en-brandewynmengsel goed kan deurloop.
HOENDER-NOEDELPOTJIE
Hierdie potjie is lekker vullend en benodig geen ekstra bykosse nie, behalwe as jy lus voel vir ’n mengelslaai.
Dis genoeg vir 4-6 mense en ’n no. 2-pot word aanbeveel.
8 hoenderdye 30 ml kookolie 2 selderystingels, gekap .
2 tamaties, geskil en in skywe gesny, 1 groen soetrissie,
250g heel knopiesampione, 250ml uiegras, gekap
15ml pietersielie, fyn gekap, 10ml gemengde kruie .
500ml rou skulpnoedels, 5ml vars gemaalde swartpeper . 3 ml gedroogte roosmaryn, 250ml droë wit wyn .
250ml gerasperde Cheddar-kaas, sout en peper na smaak
Sprinkel die sout en peper oor die hoender. Verhit die olie in die pot en braai die hoender ’n paar stukke op ’n keer tot goudbruin. Pak die groente in lae op die vleis in die volgende volgorde: seldery, tamaties, soetrissie, sampioene en uiegras. Sprinkel die pietersielie en gemengde kruie bo-oor en voeg dan die noedels by. Sprinkel die peper en die roosmaryn oor en giet die wyn daaroor. Sit die deksel op en laat prut vir 1 uur. Strooi die kaas bo-oor en laat prut vir nog 20 minute. Bedien met ’n vars slaai van jou keuse.
HOENDERPOT MET DOP(SKOP)
2½ kg hoenderporsies (verkieslik dye)
80g spekvleis, swoerdloos en gesnipper
4 knoffelhuisies, gekneus
125 ml brandewyn, 250ml soet sjerrie of muskadel
20ml gemengde kruie, 20ml uiesout , 10ml aromat
20ml vars gemaalde swartpeper
2 groen soetrissies, gesnipper, 3 uie, in skywe gesny
8-10 grasuie, gesnipper,
10 groot aartappels, in dik skywe gesny sowat
500 g broccoli, 500g sampioene, 425-g-blik sampioensop
250ml Cheddar-kaas, gerasper
Braai hoender tot bruin saam met spekvleis en knoffel. Voeg brandewyn en sjerrie by. Besprinkel met kruie en helfte van uiesout, aromat en swartpeper. Plaas groente as volg in lae by hoender: soetrissie, uie, grasuie, aartappels, broccoli, sampioene en pietersielie. Voeg oorblywende speserye en sampioensop by. Besprinkel met kaas. Prut 45 minute lank. Die resep lewer 10-12 porsies
SKAAPSKENKELPOTJIE
2kg skaapskenkels
100ml olie, ‘n halwe groen soetrissie, gekap
1 groot ui, gekap, 2 knoffelhuisies, gekneus
6 swoerdlose spekrepe, gekap
2 middelslag tamaties, gekap
2 biefekstrakblokkies
sout en swartpeper na smaak
250 l witwyn, 250ml kookwater
5 wortels, geskil, in skywe gesny
12 klein aartappeltjies, gewas
5 murgpampoentjies, in skywe
400g sampioene.
Verhit olie en braai vleis tot bruin. (Hoe bruiner die vleis gebraai word, hoe bruiner en ryker sal die sous wees. Voeg die groenrissie, ui, knoffel en spek by en braai tot begin verbruin. Voeg tamaties by en roerbraai vir 5 minute. Voeg biefekstrak, geurmiddels, witwyn en kookwater by en prut vir ‘n uur. Voeg wortels en aartappels by en laat vir 20 minute prut. Voeg laastens die murgpampoentjies en sampioene by en laat vir 15 minute prut.
Vul vloeistof aan, indien nodig.
LAMSNEK- PEPERPOT
2½-3kg lamsnek
5 knoffelhuisies, gekneus
125ml brandewyn
20ml gemengde kruie
20-40ml knoffelsout
20-40ml suurlemoenpeper
aromat 5 uie, in ringe gesny
3 groen soetrissies, gesnipper
500g-pak groen pasta
500g wortels (1 bossie), in ringe gesny
1 kg waterblommetjies (opsioneel)
15 klein aartappels (heel)
250g pakkie sampioene
30g pakkie pepersous, gemeng met 250 ml water
425g blik sampioenroomsop
125ml blatjang
250ml Cheddar-kaas, gerasper
Braai vleis en knoffel in die pot tot bruin. Voeg brandewyn by. Sit deksel op en prut 10 minute. Besprinkel met gemengde kruie en helfte van knoffelsout, suurlemoenpeper en aromat. Plaas groente as volg by vleis in pot, uie, soetrissies, pasta, wortels, waterblommetjies, aartappels en sampioene. Voeg oorblywende speserye, pepersousmengsel, sampioenroomsop en blatjang by. Strooi kaas oor. Prut bo-oor kole sowat 70 minute of tot vleis sag is.
HOENDER JAMBALAYA
1 – 1½ kg Hoender dye (verkieslik ontbeen) in stukke gesny. 25 ml Olie
500 gram Portugese Chourico worsies opgesny in skywe
1 Groot uie opgekap, 250 ml Sedely stingel opgekap
3 knoffelhuisies fyn gedruk, 5ml Rooi Peper
5ml gedroogte Tiemie, 5 ml gedroogte Oreganum
2 koppie ongekookte rys, 1 Bkikkie fyngekapte tamaties
Braai hoender stukke en Chourico worsies op medium hitte in olie tot bruin, Verwyder uit die pot. Voeg nou uie, seldery, knoffel en speserye in roerbraai matig vir 5-7 minute. Roer ongekookte rys by saam met die water. Voeg ook nou die hoender en worsies by. Bring tot kook en voeg al doe ander bestandele in. Verlaag hitte en koop tot oor lae hitte tot gaar.