BRAAIVLEISMARINADE
200ml vleisaftreksel
100ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
Meng alles saam
BRAAISOUS
1 ui, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
10ml olie
200ml tamatiesous
150ml water
75ml bruinsuiker
30ml Worcester-sous
5ml sout
10ml mosterd
Soteer uie en knoffel in olie tot deurskynend. Voeg die res van die bestandele by en prut vir 5 minute.
Heerlik saam met oor die kole gebraaide vleis
BIERMARINADE
175ml bier
100ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
30ml suurlemoensap
30ml suurlemoenskil, gerasper
Meng alles saam
PYNAPPELMARINADE
200ml pynappelsap
100ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
15ml gemmerwortel, gekap
5ml fyn gemmer
Meng alles saam. Goed vir daai moontlike taaierige vleisie