AMARULA MALVAPOEDING

Beslag

1 koppie koekmeel,
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
1 koppie suiker
1 eier
1 Knippie sout
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 koppie melk

Sous

75g gesmelte botter
1 koppie Amarula
1 koppie suiker
halwe koppie koowater
knippie sout

Smeer no 10 platboom potjie met bietjie botter. Sif die meel en koeksoda in ‘n groot bak en meng die suiker by. Klits die eier deeglik in ‘n aparte mengbank. Voeg die konfyt, asyn, botter en melk by en klits deeglik na elke byvoeging.. Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng deeglik.

Gooi die beslag in die potjie, sit die deksel op en bak vir 45 minute met kole rondom die pot en ‘n klompie op die deksel. MOENIE te veel hitte gee nie, anders kan jou poeding brand. Na  40 minute, verhit al die bestanddele vir die sous in ‘n klein potjie. Roer aanhouded tot alles opgelos maar MOENIE die mengsel kook nie. Sodra sous warm en opgelos is, haal die poeding van die vuur af en giet die sous eweredig oor. Dit gaan lyk na baie sous, maar dit sal intrek.

Bedien met roomys of vla 

SOUSKLUITJIES IN ‘N YSTERPOT

125g botter
60ml fyn appelkooskonfyt
12.5ml koeksoda
500ml koekmeelblom (gesif)
knypie sout
100ml melk
750ml kookwater
250ml suiker
5ml vanieljegeursel
klontjie botter (ekstra)

Smelt botter en roer eers konfyt dan koeksoda by (mengsel bruis). Voeg meel en sout beurtelings met melk by.

Plaas oorblywende bestanddele in ysterpot en laat opkook. Skep lepelsvol deeg in kokende vloeistof sodat hopies nie opmekaar lê nie. Sit deksel op en prut vir 25 minute lank. Bedien warm, stip met botter.