AARTAPPELS VIR BRAAIVLEIS

1kg baba-aartappeltjies, skoon afgewas
25ml olie
1 groot ui, gehalveer, geskil en fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus, fyngemaak
25ml matige kerriepoeier
5ml borrie
1 brandrissie, ontpit en gekap
3 suurlemoen of lourierblare
15ml fyngekapte, vars gemmerwortel
30ml goue stroop
125ml wynasyn
125ml aftreksel

Skep die aartappeltjies in ‘n kastrol, bedek met water, geur met sout, verhit tot kookpunt en kook vir 10 minute.
Bedek en laat 5 minute staan.
Verhit intussen die olie in ‘n groot kastrol en voeg die uie en knoffel by.
Roerbraai vir 2-3 minute.
Strooi die kerriepoeier, borrie, brandrissie, suurlemoenblare oor.
Voeg die gouestroop, asyn en aftreksel by.
Verhit tot kookpunt en prut vir 2 minute.
Dreineer die aartappeltjies en skep in kastrol met die sous.
Strooi koljanderblare oor en sit voor met braaivleis.

WARM PATATS IN FOELIE

een medium patat per persoon (Ek verkies Borrie patats)
foelie
botter growwe peper / peperkorrels
growwe sout / soutkorrels
extra virgin olyfolie
een suurlemoen
‘n paar takkies vars tiemie

Was die patats skoon en droog af (hou die vel aan). Neem ‘n vurk en steek so ‘n paar gate in die patats reg rondom. Plaas die patats elkeen op ‘n stuk foelie (blink kant na binne). Drup so klein bietjie olyfolie op elke patat, en smeer so bietjie botter op elkeen. Sny die suurlemoen in die helfte en druk ‘n klein bietjie sap op elke patat. Meng die sout en peperkorrels en maal dit fyn strooi op die patats. Plaas een takkie vars tiemie saam met die patat in die foelie.  Plaas die patats in foelie op ‘n rooster bo op die vlamme. Draai gereeld om met ‘n goeie braaitang. Op hierdie manier reguleer jy die hitte beter.